Articles

Blue rain clouds

Grysblou is die kleur van emigrasie

As navorser het ek soms die voorreg om vir ʼn kort rukkie in mense se lewensreise te deel. Dit gee my ʼn kykie in hulle leefwêreld; dikwels deur wawyd-oop harte en soms net deur ʼn skree-oop venster.   Om te verstaan “Kom gerus binne,” nooi die statige 70-jarige dame. Haar knus meenthuis is met jare se keurig uitgestalde herinneringe versier;… Read More »Grysblou is die kleur van emigrasie

Christmas Roses

My kind, die krismisrose blom (ek wens jy was hier)…

“It’s heartbreaking – OR Tambo airline passengers hard hit by travel ban” (Daily Maverick, 28 November 2021). “‘I cried and cried ’: South Africans devastated over travel ban” (News24, 28 November 2021). Só lui die nuusopskrifte na die ontdekking van die Omicron-variant van COVID-19 in onder meer Suider-Afrika. Ná Kersfees 2020, waar vele vakansieplanne vanweë die tweede vlaag van die… Read More »My kind, die krismisrose blom (ek wens jy was hier)…

Grandparents grandkids overseas

My Kind is Oorsee – Wat nou? [KSM Seniors]

Emigrasie het toegeneem wêreldwyd en daarmee saam die hartseer vir ouers en geliefdes wat agterbly. Veral seniors sukkel om die verlies te hanteer. Kom deel in ʼn baie interessante gesprek saam met Dr. Sulette en Dr. Petrus Moolman met Carl du Preez van Kerk Sonder Mure, oor die vrae en uitdagings wat seniors beleef as hulle kinders oorsee woon.

Ambiguous Loss Emigration

Families en Emigrasie [Die Putstop]

Dr. Sulette gesels met Putstop oor aanhoudende verlies of “ambiguous loss” van ouers met kinders wat emigreer het. Sy praat ook oor hoe COVID-19 die verlies kan vererger. Kyk gerus vir haar kort wenke oor hoe ouers kan vorentoe beweeg al voel hulle asof die verlies te groot is.

Child leaving

As die kinders landuit gaan…

Hierdie artikel uit die September 2019 uitgawe van Sarie het onlangs weer op Netwerk24 se sosiale media verskyn en het heelwat kommentaar gelok. “Die verlies is altyd daar. Eens woelige Sondagmiddae waar kleinkinders die huis vol hardloop, word die afwagting op ’n Skype-sessie om sesuur. Verjaardagvieringe word langafstand-oproepe en ’n geldjie in die pos. En jy wag soms jare lank… Read More »As die kinders landuit gaan…

ʼn Virtuele rooi suigstokkie vir my kleinkind

ʼn Grootouer word gebore wanneer ʼn kleinkind gebore word. Die verkryging van die eretitel: Ouma of Oupa, word deur talle grootouers gesien as een van die mees betekenisvolle emosionele gebeurtenisse in hulle lewens. Tog kan die merkwaardige aankondiging dat jy ʼn grootouer gaan word getemper word deur hartseer, veral wanneer die verwagtende ouers – jou kinders – kontinente en selfs… Read More »ʼn Virtuele rooi suigstokkie vir my kleinkind