Magazine Articles

Couple standing in front of fence near body of water

Ma, Pa: Ek gaan emigreer

Jy dink al lank daaraan. Dit is ‘n wipwarit. Gaan jy of bly jy? Jy het die voordele en nadele teen mekaar opgeweeg. Wat gaan jy wen? Wat gaan jy verloor? Dan hierdie kant toe, dan daardie kant toe. Die hobbelrige rit na die buiteland is ʼn uitgerekte en veeleisende proses. Dit was nie ʼn maklike besluit nie, maar jy het… Read More »Ma, Pa: Ek gaan emigreer

Die onderskatte rol van die oupa – en die storie van Danie “Reënwolf” du Toit en sy oupa, Danie du Toit

Onderstaande artikel verskyn met volle skriftelike toestemming, soos verskaf deur kleinseun en oupa. “Ek en my oupa praat baie oor geloof. Hy is ’n bekende dominee wat oor die wêreld heen gerespekteer word vir sy kennis en insig. Hy het ’n hand gehad in die vertaling van die Afrikaanse Bybel en het so ook kennis van die teks wat min… Read More »Die onderskatte rol van die oupa – en die storie van Danie “Reënwolf” du Toit en sy oupa, Danie du Toit

Blue rain clouds

Grysblou is die kleur van emigrasie

As navorser het ek soms die voorreg om vir ʼn kort rukkie in mense se lewensreise te deel. Dit gee my ʼn kykie in hulle leefwêreld; dikwels deur wawyd-oop harte en soms net deur ʼn skree-oop venster.   Om te verstaan “Kom gerus binne,” nooi die statige 70-jarige dame. Haar knus meenthuis is met jare se keurig uitgestalde herinneringe versier;… Read More »Grysblou is die kleur van emigrasie

Christmas Roses

My kind, die krismisrose blom (ek wens jy was hier)…

“It’s heartbreaking – OR Tambo airline passengers hard hit by travel ban” (Daily Maverick, 28 November 2021). “‘I cried and cried ’: South Africans devastated over travel ban” (News24, 28 November 2021). Só lui die nuusopskrifte na die ontdekking van die Omicron-variant van COVID-19 in onder meer Suider-Afrika. Ná Kersfees 2020, waar vele vakansieplanne vanweë die tweede vlaag van die… Read More »My kind, die krismisrose blom (ek wens jy was hier)…

Child leaving

As die kinders landuit gaan…

Hierdie artikel uit die September 2019 uitgawe van Sarie het onlangs weer op Netwerk24 se sosiale media verskyn en het heelwat kommentaar gelok. “Die verlies is altyd daar. Eens woelige Sondagmiddae waar kleinkinders die huis vol hardloop, word die afwagting op ’n Skype-sessie om sesuur. Verjaardagvieringe word langafstand-oproepe en ’n geldjie in die pos. En jy wag soms jare lank… Read More »As die kinders landuit gaan…

ʼn Virtuele rooi suigstokkie vir my kleinkind

ʼn Grootouer word gebore wanneer ʼn kleinkind gebore word. Die verkryging van die eretitel: Ouma of Oupa, word deur talle grootouers gesien as een van die mees betekenisvolle emosionele gebeurtenisse in hulle lewens. Tog kan die merkwaardige aankondiging dat jy ʼn grootouer gaan word getemper word deur hartseer, veral wanneer die verwagtende ouers – jou kinders – kontinente en selfs… Read More »ʼn Virtuele rooi suigstokkie vir my kleinkind