My kind is vir altyd in Anderland [LiG]
Hierna is bogenoemde pleidooi op Facebook geplaas. Dit het die sosiale media laat gons, en tot op hede was daar reeds 934 kommentare hierop. Waarom dié reaksie? Om watter rede het dié briefie, met sy eenvoudige maar desperate versoek, sulke opslae gemaak? Waarskynlik omdat ons almal reeds op die een of ander manier deur die aktualiteit – en trauma – van emigrasie geraak is. Juis ook dié wat (moes) agterbly.