Rapport

Hou kontak met kleines

In 2017 het sowat 900 000 geleerde Suid-Afrikaners reeds, volgens die Verenigde Nasies, oorsee gewoon and gewerk. Boonop emigreer nagenoeg 25 000 geleerde Suid-Afrikaners jaarliks, raam die immigrasie-konsultasiefirma Sable International. Vir baie van die Suid-Afrikaners was daar beter geleenthede oorsee, maar dis natuurlik nie ‘n maklike besluit nie – veral wanneer dit beteken jy sien jou familie wat agterbly voorts baie min, en jou kinders word sonder hul ouma en oupa groot.