Vir altyd in ‘n ander land: die vergete ouers van emigrasie
Na raming emigreer sowat 23,000 van Suid-Afrika se jonger geslag elke jaar. Dit impliseer ‘n enorme aantal ouers wat elke jaar sonder hul kinders en kleinkinders in Suid-Afrika agter bly. Dr. SULETTE FERREIRA het navorsing gedoen oor die emosionele impak op die “agtergeblewe” ouers en ‘n verborge seer oopgekrap. DAAR word gereeld gekyk na die redes waarom mense emigreer en waarheen hulle gaan, asook die ekonomiese impak op die land, maar wat van die mens agter die statistiek?