Newspaper Articles

Vir altyd in ‘n ander land: die vergete ouers van emigrasie [VryeWeekblad]

Na raming emigreer sowat 23,000 van Suid-Afrika se jonger geslag elke jaar. Dit impliseer ‘n enorme aantal ouers wat elke jaar sonder hul kinders en kleinkinders in Suid-Afrika agter bly. Dr. SULETTE FERREIRA het navorsing gedoen oor die emosionele impak op die “agtergeblewe” ouers en ‘n verborge seer oopgekrap. DAAR word gereeld gekyk na die redes waarom mense emigreer en waarheen hulle gaan, asook die ekonomiese impak op die land, maar wat van die mens agter die statistiek?

Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof [VryeWeekblad]

Vir Suid-Afrika se transnasionale families is internetkommunikasie al lankal deel van hul lewe, skryf dr. SULETTE FERREIRA, en met internasionale reis se vlerke geknip, is dit ál vorm van kommunikasie wat hulle oorhet. NIE so lank gelede nie sou dit nog ondenkbaar gewees het om in jou eie huis te kan sit en verlang, en dan, met die druk van ’n knoppie, “verskyn” jou kind soos ’n magiese karakter en vir ’n kort tydjie is julle saam in dieselfde (virtuele) leefwêreld. Maar julle kan nie aan mekaar raak nie.