NIE so lank gelede nie sou dit nog ondenkbaar gewees het om in jou eie huis te kan sit en verlang, en dan, met die druk van ’n knoppie, “verskyn” jou kind soos ’n magiese karakter en vir ’n kort tydjie is julle saam in dieselfde (virtuele) leefwêreld. Maar julle kan nie aan mekaar raak nie Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof nie aan mekaar raak nie.
Emigrasie is ’n onlosmaaklike deel van ons huidige bestaan. Baie Suid-Afrikaners het veral oor die laaste twee dekades ’n heenkome in ander lande gaan soek. Volgens prof. David Kaplan en Thomas Höppli van die Universiteit van Kaapstad se sakeskool was die geskatte getal Suid-Afrikaners wat in 2017 in die buiteland gewoon het 820,000. Na raming verlaat sowat 23,000 mense jaarliks ons land. Die familielede wat in Suid-Afrika agtergebly het, is nou transnasionale ouers en grootouers.
As daar iemand is wat die kuns van kommunikasie oor fisieke afstand vervolmaak het, is dit hierdie uitgebreide families wat oor die wêreld heen versprei is. Maar nou het die coronapandemie hulle van hul enigste ander lewenslyn beroof: internasionale reise.
“Die wêreld het toegemaak en ons kon nie daar wees nie.”
So sê ’n ouer wat nie by die geboorte van ’n kleinkind in Kanada kon wees nie weens die inperking hier én daar wat daartoe gelei het dat die grense gesluit is en vliegtuie stilstaan.
En as die inperking eers opgehef is, sal hulle steeds oor ’n afstand moet kommunikeer om die verhoudings te laat voortleef, want reis oor landsgrense heen gaan nie gou moontlik wees nie.
“... baie ouers en grootouers wat naby hul kinders en kleinkinders woon, [kan] na ’n blye weersiens uitsien. Om weer saam te kuier, weer die kleinkinders te kan vashou en te bederf. Vir ons hou die opskorting van die inperkings geen voordeel in nie,” sê een van die ouers wat aan my studie deelgeneem het oor hoe ouers die afstand hanteer.
Ouer/kind-verhoudings is een van die mees primêre verbintenisse en is die mees langdurige. Die skrywer Elsa Joubert (97) : “Daardie kloppende verbintenis tussen ouer en kind, vir elke kind eenmatig, vir elke ouer iets individueel.” Wanneer ’n volwasse kind emigreer, is daar ’n verandering aan hierdie primêre affektiewe bande. Die ouer kom teen drastiese lewensveranderinge te staan as gevolg van die verlies aan die verhouding soos dit was met die volwasse kind, en die omskryf die verhouding só:
Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof - kleinkinders as daar is. Wat is hierdie radikale verandering anders as verlies? Emigrasie is ’n voorbeeld van dubbelsinnige verlies (“ambiguous loss”). ’n Onuitgeklaarde verlies.
Covid-19 is ook ’n sprekende voorbeeld van onuitgeklaarde verlies. Die pandemie het gelei tot ’n verlies aan vryheid, inkomste, vertroue in ons leiersfigure, en die verlies van onbeperkte beweging. Die lewe soos ons dit geken het, bestaan nie meer nie.
En nou is daar twee verskillende situasies van onuitgeklaarde verlies wat hierdie ouers moet hanteer: die verlies van die kinders wat weg is én die uitwerking van die coronapandemie.
Die pandemie het geen definitiewe tydlyn nie, wat dit nóg moeiliker maak om te hanteer.
“Covid-19 het vir my potensieel baie groot implikasies. Ons weet nie wanneer vlugte weer oopgestel sal word nie, indien ooit (só voel ek op die oomblik!). Dit sal ’n mens waarskynlik nog vir baie lank huiwerig maak (en goed moet laat dink) om oorsee te gaan kuier,” sê een van die ouers.
“As mense deesdae praat van ‘niks gaan weer wees soos ons dit geken het nie’, voel dit vir my dis moontlik dat ek my kind nooit weer in lewende lywe gaan sien nie. ’n Mens kan nie eens as alternatief met die kar na mekaar toe ry nie ...”
Die pandemie het geen definitiewe tydlyn nie, wat dit nóg moeiliker maak om te hanteer. Die onsekerheid maak langtermynbeplanning feitlik onmoontlik. Daar is geen voorgeskrewe rituele vir die hantering van ’n onuitgeklaarde verlies nie. Maar nes almal nie op dieselfde manier rou nie, ervaar mense ook nie die emigrasieproses op dieselfde manier nie. Dit is vir sommige makliker as vir ander en elke rolspeler hanteer dit anders.
Maar die mens is ’n aanpasbare wese. Ons is veerkragtig en skep Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof nuwe rituele en nuwe maniere om te oorleef. Dis waar virtuele samekomste inkom: konserte op die dak vir die hele ingeperkte woonbuurt, Skype-vergaderings of familie-etes via Zoom.
Hiermee is die emigrasie-ouer reeds goed. Hulle het die kuns bemeester om gesinsbande te versterk op grond van die beleggings wat elke rolspeler in hierdie virtuele kommunikasie maak. As jy dit nie kan regkry nie, gaan jy ’n hele klomp belangrike gebeurtenisse in jou naastes se lewe misloop.
Vir die ouers wat agterbly, is een van die belangrikste aspekte van geografiese skeiding om steeds betekenisvolle kontak te behou om die sinvolle ouer/kind-verhoudings te laat gedy. Hierdie transnasionale families het Maslow se teorie oor ’n behoefteshiërargie herskryf. Maslow het vyf vlakke geïdentifiseer: fisiologiese behoeftes, veiligheidsbehoeftes, liefde en om te behoort, selfbeeld en laastens selfverwesenliking.
Alhoewel Maslow se model lank voor die digitale era geskep is en op menslike fisiologie en psigologie gegrond is, is die teorie vandag ewe relevant. Ons fundamentele behoefte om oorlewing is nog net dieselfde (kos, asemhaal, water en skuiling) en tegnologie kan dit nie vervang nie. Maar soos wat slimfone, tablette en ander handtoestelle ’n verlenging van ons self word, Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof – word internetkommunikasie ook ’n behoefte – die behoefte om gestalte te gee aan ons digitale self en om te voorsien in die behoeftes van ons fisieke self.
Vir hierdie ouers is hul internetverbintenis en rekenaar of selfoon se batterylewe van kardinale belang, en vir van hulle oorheers hierdie behoefte aan tegnologie selfs sommige van Maslow se geïdentifiseerde basiese behoeftes. Digitale of internetkommunikasie is die gom wat hulle bymekaarhou.
“Die fisieke afstand (waarvan ons nou so bewus geword het) beteken nie die skep van sosiale afstand nie. Die sosiale afstand van ons kinders in Australië is vir my so te sê nul, solank Eskom kan krag opwek en solank die internet werk,” sê een van die ouers.
“Die kwesbaarhede van tegnologie, soos elektrisiteit en wêreldwye kommunikasie, het in die laaste paar jaar egter baie duidelik geword.”
Elkeen van die ouers wat aan my navorsing deelgeneem het, het die behoefte uitgespreek om kontak met hul kinders te behou.
Hierdie behoefte verskil egter van ouer tot ouer. Van die ouers het ’n behoefte om daagliks met hul kinders in kontak te wees.
Navorsing het getoon dat sommige ouers selfs met ’n kamera wat permanent aangeskakel bly elke dag deel van die kind se wêreld wil wees. En dan is daar ouers wat tevrede is met kontak soos die behoefte hom voordoen.
Lugvaart het die planeet laat krimp en mense oor die wêreld heen versprei, maar nou staan alles stil. Volgens Seth Kaplan, ’n lugvaartkenner, het ons nog nooit tevore so iets ervaar nie, en wanneer ons weer kan vlieg, gaan daar minder roetes wees, kaartjies gaan aansienlik duurder wees en daar sal mediese siftingstoetse voor en ná vlugte wees. Met die huidige stand van die rand sal internasionale reise ook minder haalbaar wees wanneer dit weer beskikbaar is.
Dit is elke ouer se droom om minstens een keer by hul kinders oorsee te gaan kuier. Kuiers is “genadetyd”, skryf een ouer. Die eerste besoek nadat ’n kind geëmigreer het, is van uiterse belang.
Corona het emigrasiegesinne van ’n lewenslyn beroof belang vir die ouer. Om ’n visuele prentjie van jou kind se nuwe leefwêreld te kan vorm help met die gevoel van angs en verlange. “... om hulle beleweniswêreld te ervaar sodat mens ’n gedagteprentjie daarvan het as jy per telefoon of WhatsApp met hulle praat. Jy moet daar gaan slaap en daar wakker word om die land te kan beleef,” het een ouer gesê.
’n Ander ouer was bereid om kort voor die Covid-19- inperkingstyd vir twee weke in kwarantyn te bly net om die geboorte van haar eerste kleinkind te kon meemaak. Maar met die toename in Covid-19-getalle is vlugte gekanselleer. Dié ouer se vlug is ook uiteindelik afgestel en die kuier het nooit gerealiseer nie.
“Ons kan nie meer vrylik reis nie. Ons enigste lewenslyn vir fisieke kontak met ons kinders is geknip. Ons kan nie nou tasbaar betrokke wees by lewensveranderende oomblikke soos die geboorte van ’n kleinkind nie.”
Die Covid-19-virus het dié lewenslyn en reddingsboei van ouers weggeraap en daar is sprake dat internasionale reis moontlik eers in 2023 na normaal sal terugkeer. Ons kan nie meer sonder virtuele kommunikasie oor die weg kom nie, maar al word die tegnologie so verfyn dat dit voel of jy dáár is, bly fisieke aanraking onmoontlik. Daarvoor moet ’n mens kan vlieg.