Die groet
Moeder Anoniem
My dogter istot breekpunt gefrustreerd.
Ons huisdien as basis vir die groot pak; die blinde worshondjie struikel verward oordie chaos. Dis ʼn gestoei om twee lewens in KLM se maksimum-plus-ekstra bagasiebeperking te prop. Dis net ʼn eksperiment troos die kinders. “As dit nie uitwerknie kom ons terug.” Daarom trek hulle nie met alles nie. Dié word by onsgestoor.
“Ma, belasseblief vir oom Tom en sê hy moet ʼn uur later kom.” Tom, ‘n liewe vriend, het ʼn pendelbussieen daar is wyslik besluit dat die groot groet tuis sal plaasvind. Toe Tomuiteindelik voor die deur stop spring my dogter eers in die stort. Elkeen kryvir oulaas in lang, nat drukkie, Tom neem ʼn foto van die gesin en daar ryhulle.
Sedertdienwas dit die groet ritueel en het goed gewerk tot die laaste keer. Dierbare Tomis oorlede en ons besluit om die kinders, nou met ons eerste kleinkind, mettwee voertuie lughawe toe te neem. Die skoonfamilie kry ons daar en dis ʼnkompetisie om die baba vir oulaas vas te hou. Die nuwe moedertjie kry ʼn mini-“meltdown”,ek neem haar badkamer toe om te troos, die skoonma agterna.
Só, myvoorstel is om iemand minder betrokke te kry om die aflaaiwerk te doen. Groetdapper by die huis en gaan huil daarna in jou eie bekende kamer.